paggrond [boodskap #128309] |
So, 10 November 2019 08:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
paggrond
Afbreking: pag•grond
Samestelling: pag + grond
Selfstandige naamwoord: paggrond
Meervoud: paggronde
Verkleinwoord: paggrondjie
Meervoud van verkleining: paggrondjies
Betekenis:
• Grond waarvan die vruggebruik uitgehuur (gepag) word.
Gebruik:
• Die boer probeer paggrond van sy bure bekom om sy boerdery uit te brei.
Sinoniem:
• huurgrond
• pageiendom
Vertaling:
Engels: area under tenancy ; leased land
Nederlands: pachtgrond
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|