houding [boodskap #128308] |
So, 10 November 2019 08:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
houding
Afbreking: hou•ding
Selfstandige naamwoord: houding
Meervoud: houdings
Verkleinwoord: houdinkie
Meervoud van verkleining: houdinkies
Betekenis:
• Die manier waarop mens iets doen.
• Manier hoe 'n mens sy liggaam hou en beweeg.
Gebruik:
• Mens kan aan sy positiewe houding sien dat hy trots is op wat hy doen.
• Die juffrou het 'n trotse en regop houding.
Hiponiem:
• liggaamshouding
Afgelei:
• houdingsverandering
Vertaling:
Engels: attitude, manner; posture, carriage
Nederlands: houding
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|