horlosie [boodskap #128305] |
Sa, 09 November 2019 19:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
horlosie
Afbreking: hor•lo•sie
Selfstandige naamwoord: horlosie
Meervoud: horlosies
Verkleinwoord: horlosietjie
Meervoud van verkleining: horlosietjies
Betekenis:
• Instrument wat tyd aandui en waarop 'n mens kyk hoe laat dit is.
Gebruik:
• Ek het my horlosie by die huis vergeet. Hoe laat is dit nou?
Wisselvorm:
• oorlosie
Sinoniem:
• chronometer
• uurglas
• uurwerk
• tydmeter
Hiponiem:
• armhorlosie
• polshorlosie
• sakhorlosie
• slimhorlosie
• sonhorlosie
• stophorlosie
Afgelei:
• horlosiemaker
• horlosieband
• horlosieglas
• horlosiewyser
Vertaling:
Engels: watch, clock
Nederlands: horloge
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|