Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoofman
hoofman [boodskap #128303] Sa, 09 November 2019 19:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20590
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hoofman
Afbreking: hoof•man
Samestelling: hoof + man
Uitspraak: /ˈɦuə̯fmɑn/


Selfstandige naamwoord: hoofman
Meervoud: hoofmanne
Verkleinwoord: hoofmannetjie
Meervoud van verkleining: hoofmannetjies

Betekenis:
• Die hoof van 'n groep of 'n stam (soms ondersgeskik aan 'n koning of opperhoof).
• Aanvoerder, leier, bevelhebber van 'n troep soldate.

Gebruik:
• Die oudste seun van die hoofman se senior vrou volg hom op.
• 'n Romeinse hoofman oor honderd het oor 'n afdeling van 50 tot 100 voetsoldate bevel gevoer.

Afgelei:
• hoofmanskap
• hoofmanstelsel

Vertaling:
Engels: captain, chief, headman
Herero: omuhona
Venda: gota, mukoma, nduna
Xhosa: usibonda
Zoeloe: induna; umnumzane

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kleinletter
Volgende onderwerp: hoofstuk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 20:14:21 MGT 2024