kleinletter [boodskap #128302] |
Sa, 09 November 2019 18:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kleinletter
Afbreking: klein•let•ter
Samestelling: klein + letter
Selfstandige naamwoord: kleinletter
Meervoud: kleinletters
Verkleinwoord: kleinlettertjie
Meervoud van verkleining: kleinlettertjies
Betekenis:
• 'n Letter (a-z) wat kleiner as 'n hoofletter (A-Z) is.
Gebruik:
• Die onbepaalde lidwoord, 'n, word altyd met 'n kleinletter geskryf.
Antoniem:
• hoofletter
Afkorting:
• kl.
Vertaling:
Engels: lower case
Nederlands: kleine letter, onderkast
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|