kelk [boodskap #128285] |
Sa, 09 November 2019 09:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kelk
Afbreking: kelk
Uitspraak: /kɛlk/
Selfstandige naamwoord: kelk
Meervoud: kelke
Verkleinwoord: kelkie
Meervoud van verkleining: kelkies
Betekenis:
• 'n Glas met voetstuk wat al wyer boontoe loop.
• (biologie) Buitenste krans van blomblare.
Gebruik:
• Skink vir ons 'n kelkie wyn.
• Die blom het 'n pragtige kelk.
Spreekwoord:
• Hy drink 'n bitter kelk. [Rampspoed ervaar.]
Afgelei:
• kelkagtig
• kelkblaar
• kelkblad
• kelkblom
• kelkbuis
• kelkiewyn
• kelkpunt
• kelkstandig
• kelkvormig
Vertaling:
Engels: cup, chalice, goblet; calyx
Nederlands: kelk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|