Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pampoen
pampoen [boodskap #128250] Do, 07 November 2019 07:44
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20610
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Pampoene.
Pampoene.
pampoen
Afbreking: pam•poen
Uitspraak: /pamˈpun/


Selfstandige naamwoord: pampoen
Meervoud: pampoene
Verkleinwoord: pampoentjie
Meervoud van verkleining: pampoentjies

Betekenis:
• 'n Rankplant van die genus Cucurbita; ook die geel tot oranje vrug met 'n gladde, effens geriffelde skil wat dit dra.
• 'n Lomp of dom persoon.

Gebruik:
• 'n Pampoenspook is 'n uitgeholde pampoen met gate wat oë, neus en 'n mond voorstel met 'n kers binne-in om dit spookagtig te laat lyk.
• Die pampoen het alweer sy handboek vergeet.

Spreekwoord:
• Ek skrik nie vir koue pampoen nie. [Ek word nie gou bang nie.]

Hiperoniem:
• groente

Hiponiem:
• boerpampoen
• hubbardpampoen
• groenpampoen
• murgpampoen
• lemoenpampoen
• botterskorsie

Afgelei:
• pampoenkoekie
• pampoenkop
• pampoenland
• pampoenmengsel
• pampoenoes
• pampoenpit
• pampoenplant
• pampoenpuree
• pampoenrank
• pampoenskil
• pampoenspook
• pampoenstoel
• pampoenstukke

Vertaling:
Engels: pumpkin
Nederlands: pompoen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: versin
Volgende onderwerp: vergeef
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 04 17:57:02 MGT 2024