Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tiet
tiet [boodskap #128246] Do, 07 November 2019 05:26
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20610
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Bottel met 'n tiet.
Bottel met 'n tiet.
tiet
Afbreking: tiet
Uitspraak: /tit/


Selfstandige naamwoord: tiet
Meervoud: tiete
Verkleinwoord: tietjie
Meervoud van verkleining: tietjies

Betekenis:
• Tepel van die menslike borskas of speen van 'n dier.
• Rubberspeen waarmee 'n baba vanuit 'n bottel drink.
• (plat) 'n Vroulike bors; vrouebors.

Gebruik:
• Madonna het haar tiet skaamteloos op die verhoog uitgepluk vir die hele wêreld om te sien.
• Die babatjie suig aan die bottel se tiet.

Sinoniem:
• tepel

Afgelei:
• hangtiet

Vertaling:
Engels: tit, booby, breast
Nederlands: tiet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: klei
Volgende onderwerp: spoel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 04 18:04:30 MGT 2024