klei [boodskap #128245] |
Wo, 06 November 2019 19:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20610 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
klei
Afbreking: klei
Uitspraak: /kləi̯/
Selfstandige naamwoord: klei
Meervoud: kleie
Verkleinwoord: kleitjie
Meervoud van verkleining: kleitjies
Betekenis:
• Fyn, klewerige grond wat hard word as dit gebak word en waarvan bakstene en potte gemaak word.
Gebruik:
• Sand bestaan gewoonlik uit klein rotsblokkies, terwyl klei uit klein plaatjies bestaan.
Spreekwoord:
• Hy trap klei. [Rondval om uit die moeilikheid te kom.]
• Dit is 'n afgod met voete van klei. [Iets waarop jy nie kan staatmaak nie.]
Afgelei:
• kleiaarde
• kleiafsetting
• kleibaksteen
• kleigat
• kleigesteente
• kleigroef
• kleigrond
• kleihoudend
• kleiklip
• kleilaag
• kleilat
• kleilatgeveg
• kleilatoorlog
• kleimasker
• kleios
• kleipot
• kleitablet
• kleitrap
• messelklei
• pleisterklei
Vertaling:
Engels: clay
Nederlands: klei
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|