Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re:Gloudina, Leendert, Lou
Re:Gloudina, Leendert, Lou [boodskap #11525] |
Wo, 26 November 1997 00:00 |
Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41 Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
>
> Wat is dit met die diaspora strooi - is dit nou vir die ou spul wat die
> e'spore gemaak het? (en nou stuurman aan wal speel?) :)
>
> Cheers
> Lou
Met sulke reaksie wonder ek altyd: Bly jy omdat jy dink jy kan nog 'n
verskil maak? Indien wel - sterkte, ek hoop jy kan. Of bly jy omdat jy in
geen ander land aanvaar sal word nie? Indien ja - jammer, ek voel vir jou.
Riana
|
|
|
Re: Re:Gloudina, Leendert, Lou [boodskap #11548 is 'n antwoord op boodskap #11525] |
Do, 27 November 1997 00:00 |
vira
Boodskappe: 182 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 11/26/97 11:51AM, in message , "Alwyn
Nel" wrote:
> Riana, nee. Ek dink jy moet Lou se pos weer lees. Dit gaan oor die aaklige
> woord "diaspora" wat nou skielik in bykans elke sin opduik.
Ek't ook al gewonder oor "diaspora". HAT beskryf dit so:" Verstrooiing, nie
saamwoon met geloofsgenote - veral gesê van die Jode buite Palestina na die
Babiloniese gevangeskap." Dus, neem ek aan dis iets soos "happy as a pig in
Palestine" [or-in-any-other-place, solank dit net nie in SA is nie].
>
> Terloops, dit voel vir my so asof die nuusgroep anker gegooi het by
> politiek en "diaspora." Sug .....
>
> Groete, Alwyn
>
Alwyn Rasputin ...
Kom ons gesels liewer oor daardie oorbel van jou ;) ... dit faszineer my. Is
dit goud of silwer?
Dalk moet jy 'n papegaai op jou skouer sit, en vir ons 'n foto pos. Net oppas,
hulle hou van blink goeters! Jy sal natuurlik 'n stukkie lap om die nek moet
dra, 'n rooie.
Jy sal natuurlik 'n donkerkop ou moet wees ... blond of bles pas net nie die
prentjie nie.
En dan moet jy net nog vir my sê dat jy ook viool kan speel ... sug...
Ek hoor nou al die musiek en gesang (maar kan nie aan 'n passende Afrikaanse
liedjie dink nie). Wat van:
"Nimm, Zigeuner, Deine Geige
Lass seh'n was Du kannst ...
---
Spiel ein Lied das weint und lacht
Spiele bi� Dein Bogen kracht!
---
Ich gib Dir alles was Du willst,
wenn Du für mich spielst
Wenn Du meine Sorgen
meine Schmerzen mit mir f�hlst ...
Ja, ja, komm Czigany, spiel mir was vor
Komm Czigany, spiel mir was ins Ohr.
Van oor tot oor :)
Vira
|
|
|
Re: Re:Gloudina, Leendert, Lou [boodskap #11549 is 'n antwoord op boodskap #11525] |
Do, 27 November 1997 00:00 |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Alwyn Nel skryf:
> Terloops, dit voel vir my so asof die nuusgroep anker gegooi het by
> politiek en "diaspora." Sug .....
Liewe Alwyn,
Ek dink ons toi-toi maar net so 'n bietjie by die
onderwerpe.
Ken jy nog die woord "riel" wat nou "toi-toi" geword
het?
Beste wense
At de Lange
|
|
|
Re:Gloudina, Leendert, Lou [boodskap #11582 is 'n antwoord op boodskap #11525] |
Vr, 28 November 1997 00:00 |
Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41 Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
>>>> Lou
>>> Met sulke reaksie wonder ek altyd: Bly jy omdat jy dink jy kan nog 'n
>>> verskil maak? Indien wel - sterkte, ek hoop jy kan. Of bly jy omdat jy in
>>> geen ander land aanvaar sal word nie? Indien ja - jammer, ek voel vir
>> jou.
>>>
>>> Riana
>>
>>
> Liewe Riana
>
> Ek is gelukkig in die posisie dat ek kan in die buiteland kan werk kry
> (rekenaars, unix, NT, databasise, werk vir internasionale maatskappy) -
> (iemand vir my werk Grappie!)
Gloudina skryf:
Ja-nee, vir eens is ek dit eens met ou Lou.
Niemand het die reg om vir iemand in Suid-
Afrika te vra HOEKOM hy daar bly nie. Hy
hoef nie motiewe te hê om daar te bly nie.
Dis sy land. En die blote feit dat hy, veral
nou, tog daar aanbly, is vir my 'n waardevolle
teken, iets waarvoor ons dankbaar moet wees.
Gloudina
Wanneer laas was jy PERSOONLIK in Suid-Afrika?
Riana
|
|
|
Re:Gloudina, Leendert, Lou [boodskap #11594 is 'n antwoord op boodskap #11525] |
Sa, 29 November 1997 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Stephanus Schoeman" writes: > > > > >Lou
>>>> Met sulke reaksie wonder ek altyd: Bly jy omdat jy dink jy kan nog 'n
>>>> verskil maak? Indien wel - sterkte, ek hoop jy kan. Of bly jy omdat
> jy in
>>>> geen ander land aanvaar sal word nie? Indien ja - jammer, ek voel vir
>>> jou.
>>>>
>>>> Riana
>>>
>
>>> Lou skryf:
>> Liewe Riana
>>
>> Ek is gelukkig in die posisie dat ek kan in die buiteland kan werk kry
>> (rekenaars, unix, NT, databasise, werk vir internasionale maatskappy) -
>> (iemand vir my werk Grappie!)
>
> Gloudina skryf:
> Ja-nee, vir eens is ek dit eens met ou Lou.
>
> Gloudina
> Wanneer laas was jy PERSOONLIK in Suid-Afrika?
>
> Riana
In 1993 was ek PERSOONLIK in Suid-Afrika.
Daarbenewens het ons nog elke somer gaste
uit Suid-Afrika hier ontvang (nie familie
nie), mense wat intiem met dinge in Suid-
Afrika bekend is deur hulle werk. Ons het
vriende wie se dogter in Amerika au-pair
werk kom doen het, en na vier maande terug
is omdat sy verkies om in Suid-Afrika as
in Amerika te bly. Sy ('n jong onderwyseres)
het ook geen moeite gehad om by haar terugkeer
'n onderwyspos in Pretoria te kry nie. Sy
sweer ook dat sy nie weer in 'n skool wil
skoolhou waar die predominante kleur wit
is nie. Ek is ook in epos-kontak met baie
mense binne SA. Hou dus op om te dink ek is
oningelig. 'n Mens so informasie is so goed
soos jou informante. Hoe diverser jou
informante, hoe bre"er is jou informasie.
Gloudina
|
|
|
Re:Gloudina, Leendert, Lou [boodskap #11607 is 'n antwoord op boodskap #11525] |
Ma, 01 Desember 1997 00:00 |
Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41 Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
>> Gloudina
>> Wanneer laas was jy PERSOONLIK in Suid-Afrika?
>>
>> Riana
> In 1993 was ek PERSOONLIK in Suid-Afrika.
> Daarbenewens het ons nog elke somer gaste
> uit Suid-Afrika hier ontvang (nie familie
> nie), mense wat intiem met dinge in Suid-
> Afrika bekend is deur hulle werk. Ons het
> vriende wie se dogter in Amerika au-pair
> werk kom doen het, en na vier maande terug
> is omdat sy verkies om in Suid-Afrika as
> in Amerika te bly.
Wonder of haar besluit anders sou wees as sy al kinders gehad het.
> Sy ('n jong onderwyseres)
> het ook geen moeite gehad om by haar terugkeer
> 'n onderwyspos in Pretoria te kry nie. Sy
> sweer ook dat sy nie weer in 'n skool wil
> skoolhou waar die predominante kleur wit
> is nie. Ek is ook in epos-kontak met baie
> mense binne SA. Hou dus op om te dink ek is
> oningelig. 'n Mens so informasie is so goed
> soos jou informante. Hoe diverser jou
> informante, hoe bre"er is jou informasie.
> Gloudina
Dinge het heelwat verander van 1993 kan ek jou verseker. En wat jou
informasie betref: dit wat ons graag wil glo maak altyd meer impak.
Ek het gewonder of jy in die lewe buite die elektronika ook oor die
seldsame vermoë beskik om mense soos ek so skeef op te vryf. Maar alle
soorte is nodig om die lewe interessant te maak en ek geniet ten minste die
feit dat jy sterk menings het al verskil dit totaal van my eie. Kan nog
steeds nie glo ons kom albei van die Noord-Weste nie - dalk my Suid-Wes
bloed wat my 'n ander perspektief op die lewe gegee het.
Dankie in elk geval dat jy my geantwoord het.
Riana
|
|
|
Re: Re:Gloudina, Leendert, Lou [boodskap #11608 is 'n antwoord op boodskap #11525] |
Ma, 01 Desember 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net skryf:
> Hou dus op om te dink ek is
> oningelig. 'n Mens so informasie is so goed
> soos jou informante. Hoe diverser jou
> informante, hoe bre"er is jou informasie.
Gloudina, as jy so ingelig is as wat jy beweer, is daar net een afleiding
moontlik:
Jou uitsprake in die styl van Jimmie Kruger is nog meer sinies, brutaal en
barbaars as wat 'n mens eers gedink het.
Leendert
|
|
|
Re: Re:Gloudina, Leendert, Lou [boodskap #11609 is 'n antwoord op boodskap #11525] |
Ma, 01 Desember 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> In 1993 was ek PERSOONLIK in Suid-Afrika.
> Daarbenewens het ons nog elke somer gaste
> uit Suid-Afrika hier ontvang (nie familie
> nie), mense wat intiem met dinge in Suid-
> Afrika bekend is deur hulle werk. Ons het
> vriende wie se dogter in Amerika au-pair
> werk kom doen het, en na vier maande terug
> is omdat sy verkies om in Suid-Afrika as
> in Amerika te bly. Sy ('n jong onderwyseres)
> het ook geen moeite gehad om by haar terugkeer
> 'n onderwyspos in Pretoria te kry nie. Sy
> sweer ook dat sy nie weer in 'n skool wil
> skoolhou waar die predominante kleur wit
> is nie. Ek is ook in epos-kontak met baie
> mense binne SA. Hou dus op om te dink ek is
> oningelig. 'n Mens so informasie is so goed
> soos jou informante. Hoe diverser jou
> informante, hoe bre"er is jou informasie.
Dat jy so goed ingelig is, Gloudina, maak jou Jimmie Kruger -uitspraak
soveel meer sinies, brutaal, en barbaars.
Leendert
|
|
|
Re: Re:Gloudina, Leendert, Lou [boodskap #11610 is 'n antwoord op boodskap #11525] |
Ma, 01 Desember 1997 00:00 |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net skryf:
> Hou dus op om te dink ek is
> oningelig. 'n Mens so informasie is so goed
> soos jou informante. Hoe diverser jou
> informante, hoe bre"er is jou informasie.
Liewe Gloudina,
Vandag dink ek aan 'n uitkyk ("paradigm"). Min
mense besef dat die informasie wat 'n mens
waarneem en verwerk, bepaal word deur 'n mens
se uitkyk.
'n Uitkyk werk soos die naaf ("hub") van 'n wiel
of netwerk. Die naaf is verbind met 'n groot aantal
sake. Maar daar is ook ander sake van die werklikheid
waarmee dit nie kennelik verbind is nie.
Al die informasie wat met die netwerk van 'n uitkyk
verbind is, sal 'n mens kan waarneem en verwerk.
Maar al die informasie wat nie met die netwerk van
'n mens se uitkyk verbind is nie, sal 'n mens nie
nie kan waarneem en verwerk nie. Met ander woorde
'n mens se uitkyk maak sekere dinge waarneembaar
en verwerkbaar, maar maak 'n mens ongevoelig vir
die ander dinge.
Gloudina, ek verskil van jou. 'n Mense se informasie
is dus nie so goed as jou informante nie, maar so
goed as jou uitkyk op die werklikheid.
Beste wense
At de Lange
|
|
|
Re: Re:Gloudina, Leendert, Lou [boodskap #11631 is 'n antwoord op boodskap #11525] |
Di, 02 Desember 1997 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"AM de Lange"
> Liewe Gloudina,
>
>
> Gloudina, ek verskil van jou. 'n Mense se informasie
> is dus nie so goed as jou informante nie, maar so
> goed as jou uitkyk op die werklikheid.
>
> Beste wense>
At de Lange
At, hoe meer informante jy het, hoe beter
kan jy BESLUIT wat jou gevolgtrekking oor
die saak gaan wees. Natuurlik word jou
besluit gedetermineer deur persoonlike
dinge ook. Jy sê niks nuuts nie. Maar
omdat ek gedurig daarvan beskuldig word
deur sommige mense op hierdie nuusgroep
dat ek van niks weet nie, behoort hulle
kennis te neem dat ek wel talle informante
het wat eerlik met my is. Nie mense met
stoere-boerse agendas nie.
Gloudina
|
|
|
Re:Gloudina, Leendert, Lou [boodskap #11642 is 'n antwoord op boodskap #11525] |
Wo, 03 Desember 1997 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Stephanus Schoeman" writes:
Ons het
>> vriende wie se dogter in Amerika au-pair
>> werk kom doen het, en na vier maande terug
>> is omdat sy verkies om in Suid-Afrika as
>> in Amerika te bly.
> > Sy ('n jong onderwyseres)
>> het ook geen moeite gehad om by haar terugkeer
>> 'n onderwyspos in Pretoria te kry nie. Sy
>> sweer ook dat sy nie weer in 'n skool wil
>> skoolhou waar die predominante kleur wit
>> is nie.
>> Gloudina
Riana skryf:
> Dinge het heelwat verander van 1993 kan ek jou verseker.
Hierdie besoek aan die VSA en daaropvolgende
terugkeer na SA van ons vriendin se dogter
het hierdie jaar, in 1997, gebeur.
> Ek het gewonder of jy in die lewe buite die elektronika ook oor die
> seldsame vermoë beskik om mense soos ek so skeef op te vryf.
Hoekom probeer jy die fout by my soek,
en hoekom probeer jy my voorstel as
iemand wat onaangenaam is, net omdat
"mense soos" jy nie hou waarvan ek
praat nie. Dit klink vir my na iets
wat met jou verkeerd is.
Maar alle
> soorte is nodig om die lewe interessant te maak en ek geniet ten minste die
> feit dat jy sterk menings het al verskil dit totaal van my eie. Kan nog
> steeds nie glo ons kom albei van die Noord-Weste nie - dalk my Suid-Wes
> bloed wat my 'n ander perspektief op die lewe gegee het.
Nou wil jy jou "Suid-Wes bloed" blameer vir jou ander
perspektief op die lewe. Ek kan jou verseker dat daar
baie mense in Namibi"e is wat presies soos ek reageer
op die eeuelange miskenning wat die inheemse bevolking
moes verduur, net omdat hulle velle nie die regte kleur
is nie. Mense wat ook in die Noordweste verwyder is
van die eilande waarop hulle gebly het, en in kroeke
gestop is, ver van die water en die vrugbare grond
wat tog eintlik hulle s'n was. En om te dink dat op
Kakamas dit deur die N.G. Kerk gedoen is.
Gloudina
>
|
|
|
Re: Re:Gloudina, Leendert, Lou [boodskap #11666 is 'n antwoord op boodskap #11525] |
Vr, 05 Desember 1997 00:00 |
At de Lange
Boodskappe: 297 Geregistreer: November 1995
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net skryf:
> At, hoe meer informante jy het, hoe beter
> kan jy BESLUIT wat jou gevolgtrekking oor
> die saak gaan wees.
Liewe Gloudina,
Ek verskil van jou. Die sukses van 'n besluit gaan
nie oor die kwantiteit van die informante en informasie
nie, maar oor die kwaliteit daarvan.
> Natuurlik word jou
> besluit gedetermineer deur persoonlike
> dinge ook. Jy sê niks nuuts nie.
Ek het geskryf dat 'n mens se uitkyk (paradigma)
uiteindelik bepaal of of 'n mens van informasie bewus
sal word of nie. Gebrek aan informasie veroorsaak
konflik. Geen mens kan sonder 'n paradigma dink
nie. Maar 'n paradigma sluit 'n mens van sekere
informasie af. Elke paradigma sluit dus 'n eiesoortige
spul informasie uit. 'n Mens kan selfs sulke paradigmas
h^e dat 'n mens nie van paradigmas self bewus kan
word nie. Die gevolg is dat 'n mens selde die werklike
oorsaak van 'n konflik sal vind.
> Maar
> omdat ek gedurig daarvan beskuldig word
> deur sommige mense op hierdie nuusgroep
> dat ek van niks weet nie, behoort hulle
> kennis te neem dat ek wel talle informante
> het wat eerlik met my is. Nie mense met
> stoere-boerse agendas nie.
Met ander woorde, jy is doodseker dat die konflik
met die ander mense se paradigmas "stoere-boerse
agendas" te doen het.
Beste wense
At de Lange
e
|
|
|
Re: Re:Gloudina, Leendert, Lou [boodskap #11667 is 'n antwoord op boodskap #11525] |
Vr, 05 Desember 1997 00:00 |
Herman
Boodskappe: 16 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
This is a multi-part message in MIME format.
------=_NextPart_000_0018_01BD0192.A5E456E0
Content-Type: text/plain;
charset="iso-8859-1"
Content-Transfer-Encoding: quoted-printable
| Nou wil jy jou "Suid-Wes bloed" blameer vir jou ander
| perspektief op die lewe. Ek kan jou verseker dat daar
| baie mense in Namibi"e is wat presies soos ek reageer
| op die eeuelange miskenning wat die inheemse bevolking
| moes verduur, net omdat hulle velle nie die regte kleur
| is nie. Mense wat ook in die Noordweste verwyder is
| van die eilande waarop hulle gebly het, en in kroeke
| gestop is, ver van die water en die vrugbare grond
| wat tog eintlik hulle s'n was. En om te dink dat op
| Kakamas dit deur die N.G. Kerk gedoen is.
|
| Gloudina
|>
|
Beste Gloudina,
Bogenoemde is nie die geval soos u wil voorgee nie. Ek haal graag aan =
uit "Langs Grootrivier deur AK Cornelissen"
"Basterland
Aan die Kaap het bloedvermening oor verskillende periodes en op =
verskillende vlakke plaasgevind. Die Portugese seevaarders het die woord =
"Huttentut" geskep met verwysing na die kliktaal wat vir hulle 'n =
hakkeltaal was en Portugese vaders en Hottentotmoeders het die eerste =
produk van verbastering gelewer.
In van Riebeeck se tyd was daar 'n tekort aan blanke vroue aan die Kaap =
en vermening tussen blanke vaders en slawevroue het daartoe gelei dat =
gedurende die eerste twintig jaar 75% van kinders wat gebore is basters =
was. In 1685 is huwelike tussen blankes en slawe verbied, maar teen =
hierdie tyd het slavinne al ontdek dat hulle 'n ietsie kan verdien deur =
soldate en matrose van besoekende skepe te ontmoet. Terwyl hierdie tipe =
van bloedvermening aan die gang was, het manlike slawe weer =
Hottentotvroue besoek en 'n ander tipe vermening veroorsaak.
Die afstammelinge van blanke vaders het begin groepeer en wat as die =
eerste Basternedersetting beskou kan word wat die groep naby die =
teenswoordige Clanwilliam waar uit 'n getal van 275 slegs 16 blankes en =
10 slawe was. Die basters het begin uitwyk na die onbewoonde gebied in =
die noorweste en teen 1825 was daar van twee-na drieduisend Basters in =
die omgewing van die Bokkeveld. Die basterboere was gedurig op soek na =
beter weivelde en teen 1850 het die Rynse Sendinggenootskap hulle begin =
bearbei en het hulle in groepe begin saamtrek by plekke soos Steinkopf, =
komaggas in Namakwakland en verder oos by De Tuin, Amandelboom en =
Schietfontein. Teen 1860 is die plase opgemeet en as pagplase aand die =
hoogste bieder verhuur en die basterboere het weer nuwe vrye =
"Trekvelden" gesoek en so oor die Oranjerivier na Gordonia, Mier en =
Rehoboth getrek. Teen 1870 was daar geen baster met 'n vaste wwonplek =
suid van Grootrivier gevind nie. 'n Groep trekkende basters was deur =
mnr. Schroder vergesel, maar moes as gevolg van die droogte lank by =
Warmbad oorstaan en so het dit dan gebeur dat hy op Warmbad sy =
aanstelling as sendeling vir Koranaland ontvang het.
Op Olyvenhoutsdrift het Schroder met Klaas Lukas "huidige inwoners van =
streek" gereel dat Basters ook hier mag woon deur die betaling van 'n =
sekere bedrag vir burgerregte. Na die Twee Korana oorlog in 1879 wou =
die Kaapse regering 'n bufferstraat skep tussen die blankes in die suide =
en die Bantoes in die noorde en so het Koranaland dan Basterland geword. =
Basters of blankes kon hier plase kry. Die plase is te perd afgesteek; =
met 'n vinnige-stappende perd 'n halfuur breed en twee uur lank. Dit was =
eers met Proklamasie No 60 van 11 April 1899 dat Basterland as die =
distrik Gordonia geproklameer is.
Die basters het 'n goeie reputasie gehad as produktiewe boere. Volgens =
'n 1855 - 1856 opname in die Sakrivier omgewing het hulle 71 000 =
kleinvee, 1300 beeste en 640 perde besit. Met Schroder se terugkoms van =
Witsieshoek in 1883 was hier ongeveer 200 basterfamilies. Schroder was =
deeglik bewus van die basters se liefde "Trekvelden" en het hy di selfs =
van die kansel afgenoem dat die basters tog nie hul plase moet verkoop =
nie. Blankes het egter eiendomsreg begin kry en teen 1893 skryf Schroder =
dat Upington geen sendingstasie meer was nie, maar wel 'n dorp met ses =
winkels, een hotel en twee "kantienen" en in dieselfde jaar (19 =
September 1893) is hier ook 'n blanke gemeente gestig.
Op 25 Mei 1883 was Schroder terug op Upington en reeds op 15 Augustus =
het hy die kanaal begin grawe. In dieselfde jaar het hy ook met die =
kanaal op Keimoes begin. Hierdie kanale is monumente vir die basters en =
dit is hulle wat die besproeiingsgrond ontwikkel het, maar hulle was =
veral veeboere en was lief om te trek. Reeds in 1894 was daar van die 77 =
besproeiingserwe op Upington nog net 33 in die hande van die basters en =
vyf jaar later rapporteer die spesiale magistraat dat "The Bastards are =
going backwards year by year". Hulle het skuld gemaak, eiendomme aan =
blankes verkoop en begin trek........................."
Dit wil eerder vir my voorkom dat grond op 'n eerlike wyse bekom is en =
wel omrede die Korana, Baster onbevoeg was.
Groetnis
Hermann
------=_NextPart_000_0018_01BD0192.A5E456E0
Content-Type: text/html;
charset="iso-8859-1"
Content-Transfer-Encoding: quoted-printable
| Nou wil jy jou "Suid-Wes
bloed" blameer vir jou ander| =
perspektief
op die lewe. Ek kan jou verseker dat =
daar|
baie mense in Namibi"e is wat presies soos ek
reageer| op die eeuelange miskenning =
wat die
inheemse bevolking| moes verduur, net =
omdat
hulle velle nie die regte kleur| is =
nie. Mense
wat ook in die Noordweste verwyder is| =
van die
eilande waarop hulle gebly het, en in =
kroeke|
gestop is, ver van die water en die vrugbare
grond| wat tog eintlik hulle s'n was. =
En om te
dink dat op| Kakamas dit deur die N.G. =
Kerk
gedoen is.|| Gloudina|> =
|
Beste Gloudina,
Bogenoemde is nie die geval soos u wil voorgee nie. Ek haal graag =
aan uit
"Langs Grootrivier deur AK Cornelissen"
"Basterland
Aan die Kaap het bloedvermening oor verskillende periodes en op
verskillende vlakke plaasgevind. Die Portugese seevaarders het die woord =
"Huttentut" geskep met verwysing na die kliktaal wat vir hulle =
'n
hakkeltaal was en Portugese vaders en Hottentotmoeders het die =
eerste
produk van verbastering gelewer.
In van Riebeeck se tyd was daar 'n tekort aan blanke vroue aan die =
Kaap en
vermening tussen blanke vaders en slawevroue het daartoe gelei dat =
gedurende die
eerste twintig jaar 75% van kinders wat gebore is basters was. In 1685 =
is
huwelike tussen blankes en slawe verbied, maar teen hierdie tyd het =
slavinne al
ontdek dat hulle 'n ietsie kan verdien deur soldate en matrose van =
besoekende
skepe te ontmoet. Terwyl hierdie tipe van bloedvermening aan die gang =
was, het
manlike slawe weer Hottentotvroue besoek en 'n ander tipe vermening
veroorsaak.
Die afstammelinge van blanke vaders het begin groepeer en wat as =
die eerste
Basternedersetting beskou kan word wat die groep naby die teenswoordige
Clanwilliam waar uit 'n getal van 275 slegs 16 blankes en 10 slawe was. =
Die
basters het begin uitwyk na die onbewoonde gebied in die noorweste en =
teen 1825
was daar van twee-na drieduisend Basters in die omgewing van die =
Bokkeveld. Die
basterboere was gedurig op soek na beter weivelde en teen 1850 het die =
Rynse
Sendinggenootskap hulle begin bearbei en het hulle in groepe begin =
saamtrek by
plekke soos Steinkopf, komaggas in Namakwakland en verder oos by De =
Tuin,
Amandelboom en Schietfontein. Teen 1860 is die plase opgemeet en as =
pagplase
aand die hoogste bieder verhuur en die basterboere het weer nuwe vrye
"Trekvelden" gesoek en so oor die Oranjerivier na Gordonia, =
Mier en
Rehoboth getrek. Teen 1870 was daar geen baster met 'n vaste wwonplek =
suid van
Grootrivier gevind nie. 'n Groep trekkende basters was deur mnr. =
Schroder
vergesel, maar moes as gevolg van die droogte lank by Warmbad oorstaan =
en so het
dit dan gebeur dat hy op Warmbad sy aanstelling as sendeling vir =
Koranaland
ontvang het.
Op Olyvenhoutsdrift het Schroder met Klaas Lukas =
"huidige
inwoners van streek" gereel dat Basters ook hier mag woon =
deur die
betaling van 'n sekere bedrag vir burgerregte. Na =
die
Twee Korana oorlog in 1879 wou die Kaapse regering 'n bufferstraat skep =
tussen
die blankes in die suide en die Bantoes in die noorde en so het =
Koranaland dan
Basterland geword. Basters of blankes kon hier plase kry. Die plase is =
te perd
afgesteek; met 'n vinnige-stappende perd 'n halfuur breed en twee uur =
lank. Dit
was eers met Proklamasie No 60 van 11 April 1899 dat Basterland as die =
distrik
Gordonia geproklameer is.
Die basters het 'n goeie reputasie gehad as produktiewe boere. =
Volgens 'n
1855 - 1856 opname in die Sakrivier omgewing het hulle 71 000 kleinvee, =
1300
beeste en 640 perde besit. Met Schroder se terugkoms van Witsieshoek in =
1883 was
hier ongeveer 200 basterfamilies. Schroder was deeglik bewus van die =
basters se
liefde "Trekvelden" en het hy di selfs van die kansel afgenoem =
dat die
basters tog nie hul plase moet verkoop nie. Blankes het egter =
eiendomsreg begin
kry en teen 1893 skryf Schroder dat Upington geen sendingstasie meer was =
nie,
maar wel 'n dorp met ses winkels, een hotel en twee =
"kantienen" en in
dieselfde jaar (19 September 1893) is hier ook 'n blanke gemeente =
gestig.
Op 25 Mei 1883 was Schroder terug op Upington en reeds op 15 =
Augustus het
hy die kanaal begin grawe. In dieselfde jaar het hy ook met die kanaal =
op
Keimoes begin. Hierdie kanale is monumente vir die basters en dit is =
hulle wat
die besproeiingsgrond ontwikkel het, maar hulle was veral veeboere en =
was lief
om te trek. Reeds in 1894 was daar van die 77 besproeiingserwe op =
Upington nog
net 33 in die hande van die basters en vyf jaar later rapporteer die =
spesiale
magistraat dat "The Bastards are going backwards year by =
year". Hulle
het skuld gemaak, eiendomme aan blankes verkoop en begin
trek........................."
Dit wil eerder vir my voorkom dat grond op 'n eerlike wyse bekom is =
en wel
omrede die Korana, Baster onbevoeg was.
Groetnis
Hermann
------=_NextPart_000_0018_01BD0192.A5E456E0--
|
|
|
Re: Re:Gloudina, Leendert, Lou [boodskap #11687 is 'n antwoord op boodskap #11525] |
Sa, 06 Desember 1997 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"AM de Lange" writes:
>
> Met ander woorde, jy is doodseker dat die konflik
> met die ander mense se paradigmas "stoere-boerse
> agendas" te doen het.
>
> Beste wense
> At de Lange
Ja, At, ek het ongelukkig tot die besluit
gekom: ek verkies die paradigmas van my twee
susters, my seun in SA, ons onlangse vriendin
uit SA, my neef wat voor die Waarheidskommissie
soos 'n man gesê het dat daar dinge gedoen is
wat nie reg was nie, Ek verkies hulle paradigmas
bo jou en Leendert s'n. Hulle sê nie dat dit
maneskyn en rose in SA is nie. Hoe kan daar
maneskyn en rose wees. Dis 'n paar jaar na 'n
burgeroorlog opgehou het. Maar wat ek wel
agterkom, is dat hulle almal gelukkiger is in
die nuwe SA as in die ou SA, Nou, ek het 'n
suspisie jy ook. Maar kom uit en verklaar dit
soos 'n man.
Gloudina
Gloudina
|
|
|
Re: Re:Gloudina, Leendert, Lou [boodskap #11695 is 'n antwoord op boodskap #11525] |
So, 07 Desember 1997 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Herman" writes:
>
> Beste Gloudina,
> . Ek haal graag aan =
> uit "Langs Grootrivier deur AK Cornelissen"
>
> "Basterland
Teen 1860 is die plase opgemeet en as pagplase aand die =
> hoogste bieder verhuur en die basterboere het weer nuwe vrye =
> "Trekvelden" gesoek en so oor die Oranjerivier na Gordonia, Mier en =
> Rehoboth getrek. Teen 1870 was daar geen baster met 'n vaste wwonplek =
> suid van Grootrivier gevind nie.
Weens indringing van die wit setlaars in die
tradisionele lande van die Khoi en die San.
>
> Op Olyvenhoutsdrift het Schroder met Klaas Lukas "huidige inwoners van =
> streek" gereel dat Basters ook hier mag woon deur die betaling van 'n =
> sekere bedrag vir burgerregte.
Nou moet hulle betaal om te bly in die tradisionele
woonplekke van die Khoi en die San.
Na die Twee Korana oorlog in 1879 wou =
> die Kaapse regering 'n bufferstraat skep tussen die blankes in die suide =
> en die Bantoes in die noorde en so het Koranaland dan Basterland geword. =
> Basters of blankes kon hier plase kry. Die plase is te perd afgesteek; =
> met 'n vinnige-stappende perd 'n halfuur breed en twee uur lank. Dit was =
> eers met Proklamasie No 60 van 11 April 1899 dat Basterland as die =
> distrik Gordonia geproklameer is.
Dis nou waar ek groot geword het. Gordonia.
Dankie vir sommige van hierdie geskiedenis
wat ek nie geken het nie.
>
> Die basters het 'n goeie reputasie gehad as produktiewe boere.
Ja. En selfs in my kleindae het my pa en die
ander mense in die Noordkaap met respek gepraat
van die "Basters." Maar toe het hulle deur wit
indringing alreeds uitgewyk na net sekere bepaalde
dele. In die Kakamas nedersetting is geen baster
toegelaat om grond te besit nie. As jy dus die
konklusie maak dat hulle deur luiheid en domheid
van hulle grond ontslae geraak het, dan maak
jy 'n aantyging wat nie geboekstaaf kan word nie.
Die twintigste eeu het die verdringing van die
Khoi en die San en die Kleurling in die Noordkaap
waargeneem. Wit indringing was die oorsaak van
hulle miserabelheid.
Gloudina
|
|
|
Re: Re:Gloudina, Leendert, Lou [boodskap #11742 is 'n antwoord op boodskap #11525] |
Wo, 10 Desember 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> "AM de Lange" writes:
>
>>
>> Met ander woorde, jy is doodseker dat die konflik
>> met die ander mense se paradigmas "stoere-boerse
>> agendas" te doen het.
>>
>> Beste wense
>> At de Lange
>
>
> Ja, At, ek het ongelukkig tot die besluit
> gekom: ek verkies die paradigmas van my twee
> susters, my seun in SA, ons onlangse vriendin
> uit SA, my neef wat voor die Waarheidskommissie
> soos 'n man gesê het dat daar dinge gedoen is
> wat nie reg was nie, Ek verkies hulle paradigmas
> bo jou en Leendert s'n.
Nou ja!
As daar ooit 'n selektiewe moraliteit was wat so openlik beken is.
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: So Nov 17 16:14:27 MGT 2024
|