Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoera
hoera [boodskap #128223] So, 03 November 2019 17:26
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20610
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hoera
Afbreking: hoe•ra


Tussenwerpsel: hoera

Betekenis:
• Uitroep van vreugde, blydskap of opgewondenheid.

Gebruik:
Hoera! Ons het gewen!
• Lank lewe die koning! Hoera! Hoera! Hoera!

Vertaling:
Engels: hurrah, hooray
Nederlands: hoera


Selfstandige naamwoord: hoera
Meervoud: hoera's
Verkleinwoord: hoera'tjie
Meervoud van verkleining: hoera'tjies

Betekenis:
• Uitroep van blydskap en vreugde; toejuiging; applous.

Gebruik:
• Drie hoera's vir Jan!

Spreekwoord:
• Moenie hoera skree voor jy oor die brug is nie. [Moenie aanvaar die saak het goed afgeloop voordat jy van die uitslag seker is nie.]

Engels: hurrah, hooray
Nederlands: hoera

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hoek
Volgende onderwerp: hoeveelheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 04 18:10:31 MGT 2024