hoek [boodskap #128222] |
So, 03 November 2019 17:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20610 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hoek
Afbreking: hoek
Selfstandige naamwoord: hoek
Meervoud: hoeke
Verkleinwoord: hoekie
Meervoud van verkleining: hoekies
Betekenis:
• Die punt waar twee strate, mure of lyne ontmoet.
• 'n Hakie wat gebruik word om vis te vang.
Gebruik:
• Daar is 'n spinnerak in die hoek.
• Die visserman sit aas aan sy hoek.
Spreekwoord:
• Iemand in 'n hoek dryf. [Iemand vaskeer.]
• Weet uit watter hoek die wind waai. [Weet hoe daar oor 'n saak gedink word.]
• Die wind waai uit die verkeerde hoek. [Die stemming is nie gunstig nie.]
Afgelei:
• hoekbaken
• hoekerf
• hoekhou
• hoekhuis
• hoekig
• hoekkas
• hoekpaal
• hoekpilaar
• hoekskop
• hoeksteen
Vertaling:
Engels: corner, angle; hook
Nederlands: hoek; vishaak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|