Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » heuning
heuning [boodskap #128219] So, 03 November 2019 16:05
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19117
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Heuning
Heuning
heuning
Afbreking: heu•ning


Selfstandige naamwoord: heuning
Meervoud: heunings
Verkleinwoord: heuninkie
Meervoud van verkleining: heuninkies

Betekenis:
• Die soet stof wat bye van die nektar van blomme vervaardig.

Gebruik:
Heuning is 'n soet stroop wat as plaasvervanger vir suiker gebruik kan word.

Spreekwoord:
• Iemand heuning om die mond smeer. [Iemand vlei.]
• Die by wat die lekker heuning maak, steek seer. [Genot het dikwels 'n slegte nadraai.]
• Die land loop oor van melk en heuning. ['n Land waar alles volop is.]
Heuning in die mond, gal in die hart. [Agter die vleitaal skuil bitterheid.]
• Hy probeer vlieë met heuning vang. [Vleitaal gebruik om jou doel te bereik.]
• Wie heuning wil eet, moet steke dra. [Wie iets besonders wil hê, moet daarvoor betaal.]

Afgelei:
• heuningbedryf
• heuningboer
• heuningby
• heuningkoek
• heuningsoet

Vertaling:
Engels: honey
Nederlands: honing

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: herwin
Volgende onderwerp: histories
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 18:37:34 MGT 2024