Betekenis:
• Die soet stof wat bye van die nektar van blomme vervaardig.
Gebruik:
• Heuning is 'n soet stroop wat as plaasvervanger vir suiker gebruik kan word.
Spreekwoord:
• Iemand heuning om die mond smeer. [Iemand vlei.]
• Die by wat die lekker heuning maak, steek seer. [Genot het dikwels 'n slegte nadraai.]
• Die land loop oor van melk en heuning. ['n Land waar alles volop is.]
• Heuning in die mond, gal in die hart. [Agter die vleitaal skuil bitterheid.]
• Hy probeer vlieë met heuning vang. [Vleitaal gebruik om jou doel te bereik.]
• Wie heuning wil eet, moet steke dra. [Wie iets besonders wil hê, moet daarvoor betaal.]