Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mik
mik [boodskap #128215] So, 03 November 2019 09:05
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20610
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Waarheen mik die seun? Ons hoop sy kettie is van 'n stewige mik gemaak.
Waarheen mik die seun? Ons hoop sy kettie is van 'n stewige mik gemaak.
mik
Afbreking: mik
Uitspraak: /mək/


Selfstandige naamwoord: mik
Meervoud: mikke
Verkleinwoord: mikkie
Meervoud van verkleining: mikkies

Betekenis:
• Plek waar twee takke bymekaarkom.
• Iets wat aan so 'n V-vorm herinner (soos waar die bene bymekaarkom).

Gebruik:
• Die bobbejaan sit in die mik van die boom.
• Sy skop hom in die mik waar dit seermaak.

Spreekwoord:
• Hy het homself oor 'n mik werk. [Poot-uit werk.]
• Sy het haar oor 'n mik geskrik. [Besonder groot skrik.]
• Hy kik of mik nie. [Hy maak geen beweging nie; hy staan doodstil.]

Afgelei:
• mikpunt

Vertaling:
Engels: fork, forked post, forked stick
Nederlands: mik


Werkwoord: mik
Verlede tyd: het gemik
Teenwoordige deelwoord: mikkende

Betekenis:
• Vir 'n skoot aanlê; korrelvat.
• Op 'n doel gerig wees; iets beoog.

Gebruik:
• Hy mik en trek die sneller.
• Sy mik om volgende jaar te gaan studeer.

Vertaling:
Engels: to aim
Nederlands: mikken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: herinner
Volgende onderwerp: herskryf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 04 17:57:54 MGT 2024