Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » herinner
herinner [boodskap #128214] So, 03 November 2019 08:42
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20610
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
herinner
Afbreking: her•in•ner
Uitspraak: /ɦɛrˈɪ.nər/


Werkwoord: herinner
Verlede tyd: het herinner
Teenwoordige deelwoord: herinnerende

Betekenis:
• Opnuut in gedagte bring; uit die geheue opdiep; die aandag vestig op; iemand weer 'n keer vertel sodat hy/sy kan onthou.

Gebruik:
• Dit herinner my aan die goeie ou dae.
Herinner my asseblief 'n dag of twee voor die afspraak.
• Daardie reuk herinner my aan my ouma se kombuis.

Afgelei:
• herinnering
• herinneraar
• herinneringsvermoë

Vertaling:
Engels: to remind, remember, recall, recollect
Nederlands: herinneren

Nota:
• Woorde wat met "her-" begin, kry nie 'n "ge-" in die verlede tyd nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: herder
Volgende onderwerp: mik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 04 18:15:32 MGT 2024