Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » helder
helder [boodskap #128211] So, 03 November 2019 07:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20610
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
helder
Afbreking: hel•der
Uitspraak: /ˈɦɛl.dər/


Byvoeglike naamwoord: helder
Vergrotende trap: helderder
Oortreffende trap: helderste
Attributief: helder
Intensief: glashelder, klokhelder, kristalhelder

Betekenis:
• Wat maklik gesien of gehoor kan word.
• Wat maklik verstaan word.
• Skoon, suiwer of deursigtig.

Gebruik:
• Hy praat mooi helder en duidelik.
• Nadat sy dit verduidelik het is alles vir my helder.
• Die water is helder en skoon.

Antoniem:
• dof
• duister

Afgelei:
• helderheid
• heldersiende
• helderklinkend
• helderdenkend
• helderkleurig
• helderblou
• helderrooi
• heldergroen
• helderwit
• ophelder
• verhelder

Vertaling:
Engels: bright, vivid, clear
Nederlands: helder

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: heldedaad
Volgende onderwerp: heldin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 04 18:13:42 MGT 2024