heerlik [boodskap #128201] |
Sa, 02 November 2019 18:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20610 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
heerlik
Afbreking: heer•lik
Samestelling: heer + -lik
Byvoeglike naamwoord: heerlik
Vergrotende trap: heerliker
Oortreffende trap: heerlikste
Attributief: heerlike
Partitief: heerliks
Betekenis:
• Wat baie lekker is; heel aangenaam of smaaklik.
• Wat groot en verhewe is.
Gebruik:
• Die kos was heerlik gewees. Ons het 'n heerlike tyd gehad.
• O Here, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! [Psalms 8:10]
Sinoniem:
• aangenaam
• behaaglik
• genotryk
• hemels
• lekker
• prettig
• verruklik
• voortreflik
• wonderlik
Antoniem:
• onaangenaam
• sleg
Afgelei:
• heerlikheid
• hoogheerlik
• oorheerlik
• verheerlik
Vertaling:
Engels: enjoyable, pleasant, lovely, glorious, delicious, delightful
Nederlands: heerlijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|