Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hartseer
hartseer [boodskap #128195] Sa, 02 November 2019 08:00
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20610
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hartseer
Afbreking: hart•seer
Samestelling: hart + seer


Selfstandige naamwoord: hartseer
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Gevoel van emosionele ongelukkigheid; dit waaronder 'n mens geestelik ly.

Gebruik:
• Hoeveel hartseer kan 'n mens verdra?

Sinoniem:
• smart
• droefenis
• sielsverdriet

Antoniem:
• geluk

Afgelei:
• hartseerliedjie
• hartseerstorie

Vertaling:
Engels: grief, sorrow
Nederlands: hartzeer


Byvoeglike naamwoord: hartseer
Vergrotende trap: hartseerder
Oortreffende trap: hartseerste
Attributief: hartseer

Betekenis:
• Sleg en ongelukkig voel.

Gebruik:
• Sy is hartseer oor haar hondjie se ontydige dood.

Antoniem:
• vrolik

Vertaling:
Engels: sad, heart-sore, grieved
Nederlands: hartzeer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: koekepan
Volgende onderwerp: heeltyd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 04 18:07:34 MGT 2024