Betekenis:
• Trollie by 'n myn of aanleg wat op 'n spoor loop en maklik getiep kan word; spoortrollie vir die vervoer van erts, steenkool, gruis, sand, graan, vrugte, ens.
Gebruik:
• 'n Koekepan kan met die hand of deur 'n lokomotief getrek of gestoot word, en kan ook aanmekaar geskakel word om 'n trein te vorm.