handtekening [boodskap #128190] |
Sa, 02 November 2019 06:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20610 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
handtekening
Afbreking: hand•te•ke•ning
Samestelling: hand + tekening
Selfstandige naamwoord: handtekening
Meervoud: handtekeninge
Verkleinwoord: handtekeninkie
Meervoud van verkleining: handtekeninkies
Betekenis:
• Die spesiale manier waarop mens jou voorletters en van neerskryf as jy 'n dokument onderteken.
Gebruik:
• U hoef slegs u handtekening te maak en alles word vir u gereël.
Sinoniem:
• naamtekening
• outograaf
Afgelei:
• handtekeningjagter
• handtekeningversamelaar
Verwant:
• parafeer
Vertaling:
Engels: signature, autograph
Nederlands: handtekening
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|