Betekenis:
• 'n Gebied of staat wat onder die heerskap van 'n ander land is.
• Hervestiging van 'n deel van 'n volk buite die volk se eie territorium; volksplanting.
• (biologie) 'n Samelewingsvorm van diere wat in groot groepe woon.
Gebruik:
• Suid-Afrika was 'n Nederlandse en 'n Engelse kolonie.
• Van Riebeeck en 90 koloniste land op 6 April 1652 in Tafelbaai om die VOC-skepe wat by die kolonie aandoen van vars groente en vrugte te voorsien.
• 'n Kolonie miere het op ons toegesak. 'n Kolonie bye het 'n korf onder die dakrand gebou.