Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kombers
kombers [boodskap #128182] Wo, 30 Oktober 2019 19:41
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20610
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Hondjie wat in 'n kombers toegedraai is.
'n Hondjie wat in 'n kombers toegedraai is.
kombers
Afbreking: kom•bers
Uitspraak: /kɔmˈbɛːrs/


Selfstandige naamwoord: kombers
Meervoud: komberse
Verkleinwoord: kombersie
Meervoud van verkleining: kombersies

Betekenis:
• Sagte beddegoed waaronder geslaap word of om 'n persoon warm te hou.
• (figuurlik) 'n Dik bedekking oor iets.

Gebruik:
• As dit koud is kruip sy graag onder haar kombers in.
• Die wolke hang soos 'n kombers oor Tafelberg.

Spreekwoord:
• Al jou kinders onder een kombers toemaak. [Al die kinders is nog in die huis.]

Afgelei:
• babakombers

Verwant:
• deken
• duvet
• laken

Vertaling:
Engels: blanket
Nederlands: deken
Xhosa: ingubo 9

Nota:
• Waarskynlik 'n verbastering van die Portugese woord coberta, 'bedekking vir 'n bed'.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: swembad
Volgende onderwerp: eensaamheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 04 17:57:12 MGT 2024