verkenner [boodskap #128177] |
Wo, 30 Oktober 2019 07:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20610 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verkenner
Afbreking: ver•ken•ner
Samestelling: verken + -er
Uitspraak: /fərˈkɛ.nər/
Selfstandige naamwoord: verkenner
Meervoud: verkenners
Verkleinwoord: verkennertjie
Meervoud van verkleining: verkennertjies
Betekenis:
• Iemand wat uitgaan om iets te verken.
Gebruik:
• Danie Theron was 'n beroemde verkenner tydens die Tweede Vryheidsoorlog wat herhaaldelik die vyand se linies binnegedring en waardevolle inligting verkry het.
Afgelei:
• baasverkenner
• hoofverkenner
• verkennerskorps
• verkennerskuns
Vertaling:
Engels: scout
Nederlands: verkenner
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|