Leksikograaf Boodskappe: 20610 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
komeet
Afbreking: ko•meet
Uitspraak: /kʊə̯ˈmɪə̯t/
Selfstandige naamwoord: komeet
Meervoud: komete
Betekenis:
• 'n Hemelliggaam, hoofsaaklik van ys, stof en gas, wat om die son wentel met 'n roei (of stert) van materie wat deur die sonwind agtertoe geblaas word soos dit die son nader.
Gebruik:
• Die bekendste komeet is waarskynlik Halley se Komeet, wat laas in 1986 van die Aarde af gesien is.
Afgelei:
• komeetstert
Vertaling:
Engels: comet
Nederlands: komeet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.