Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » opname
opname [boodskap #128169] Di, 29 Oktober 2019 11:59
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20610
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opname
Afbreking: op•name
Uitspraak: /ˈɔpˌnɑː.mə/


Selfstandige naamwoord: opname
Meervoud: opnames
Verkleinwoord: opnametjie
Meervoud van verkleining: opnametjies

Betekenis:
• Die vaslegging van klank en/of beeld op 'n medium of draer (soos op 'n foto, band of grammofoonplaat).
• Die toelating van 'n persoon tot 'n groep of inrigting (soos 'n pasiënt by 'n hospitaal of kliniek).
• Die insameling van gegewens (soos met 'n opmeting of peiling).

Gebruik:
• 'n Opname van die konsert sal na die tyd by die deure te koop wees.
• Die beseerde se opname is weens 'n gebrek aan administratiewe personeel vertraag.
• Hy maak 'n opname van sy bates en laste.

Afgelei:
• bandopname
• klankopname
• beeldopname
• plaatopname
• video-opname
• foto-opname
• televisieopname
• voorraadopname

Vertaling:
Engels: recording; acceptance, admission; survey
Nederlands: opname

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skrikkeljaar
Volgende onderwerp: komeet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 04 18:02:33 MGT 2024