Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skilpad
skilpad [boodskap #128167] Di, 29 Oktober 2019 07:03
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20610
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Skilpad.
'n Skilpad.
skilpad
Afbreking: skil•pad


Selfstandige naamwoord: skilpad
Meervoud: skilpaaie
Verkleinwoord: skilpadjie
Meervoud van verkleining: skilpadjies

Betekenis:
• 'n Viervoetige reptiel met 'n harde (dikwels bolvormige) dop wat stadig beweeg, orde Testudines.

Gebruik:
• 'n Skilpad het 'n beenagtige skild onder die maag (die plastron), sowel as op die rug (die karapaks).

Spreekwoord:
• Hy probeer die vere van 'n skilpad pluk. [Hy probeer iets wat onmoontlik is, doen.]
• Sommer het nie rede nie, want skilpad dra nie vere nie. [Aan iemand gesê wat die rede vir sy optrede aangee as "sommer".]

Hiponiem:
• bergskilpad
• landskilpad
• seeskilpad

Afgelei:
• skilpaddop
• skilpadnek
• skilpadsop

Vertaling:
Engels: turtle, tortoise
Nederlands: schildpad

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: liefhê
Volgende onderwerp: skrikkeljaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 04 18:09:15 MGT 2024