Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » haas
haas [boodskap #128158] Sa, 26 Oktober 2019 15:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19238
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Haas.
'n Haas.
haas
Afbreking: haas


Selfstandige naamwoord: haas
Meervoud: hase
Verkleinwoord: hasie
Meervoud van verkleining: hasies

Betekenis:
• Klein, sagte knaagdiertjie met lang ore wat vinnig kan hardloop.
• Sagte stuk vleis by die nierstreek; beeshaas.

Gebruik:
• Ek het 'n haas vir my verjaarsdag gekry.
• Biefstuk van die haas.

Spreekwoord:
• So mal soos 'n haas. [Baie mal, gek.]
• So bang soos 'n haas vir 'n hond. [Baie bang.]
• Baie honde is 'n haas se dood. [Deur samewerking kan 'n mens baie dinge verrig.]

Vertaling:
Engels: hare, rabbit
Nederlands: haas


Werkwoord: haas
Verlede tyd: het gehaas

Betekenis:
• Probeer om iets vinnig af te handel.

Gebruik:
• Sy haas haar na die deur.

Vertaling:
Engels: to hurry
Nederlands: haasten


Selfstandige naamwoord: haas
Meervoud:

Betekenis:
• Wil of vermoë om iets vinnig of spoedig te doen; dringende snelheid; gejaagdheid.

Gebruik:
• Vat jou tyd, daar is geen haas nie.

Spreekwoord:
Haas jou langsaam. [Moenie oordrewe haastig wees nie.]
• Hoe meer haas, hoe minder spoed. [As 'n mens oorhaastig te werk gaan, vorder jy nie altyd goed nie.]

Vertaling:
Engels: haste, hurry, speed
Nederlands: haast


Bywoord: haas

Betekenis:
• Byna.

Gebruik:
• Hy kon haas geen woord uitkry nie.

Sinoniem:
• bykans
• byna
• nagenoeg

Vertaling:
Engels: almost, nearly
Nederlands: haast

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: haai
Volgende onderwerp: haastig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 18:01:32 MGT 2024