grootmens [boodskap #128152] |
Sa, 26 Oktober 2019 09:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20610 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
grootmens
Afbreking: groot•mens
Samestelling: groot + mens
Uitspraak: /ˈχrʊə̯t.mɛns/, /ˈχrʊə̯t.mɛ̃ːs/
Selfstandige naamwoord: grootmens
Meervoud: grootmense
Verkleinwoord: grootmensie
Meervoud van verkleining: grootmensies
Betekenis:
• 'n Volwasse persoon; iemand wat 'n volwasse leeftyd bereik het.
Gebruik:
• Die grootmense kuier binne terwyl die kinders buite speel.
Sinoniem:
• volwassene
Antoniem:
• kind
Afgelei:
• grootmensagtig
• grootmensgesig
• grootmenslewe
• grootmenswerk
Vertaling:
Engels: adult, grown-up
Nederlands: volwassene
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|