groet [boodskap #128150] |
Sa, 26 Oktober 2019 07:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20610 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
groet
Afbreking: groet
Uitspraak: /χrut/
Werkwoord: groet
Verlede tyd: het gegroet
Teenwoordige deelwoord: groetende
Betekenis:
• Hallo of totsiens sê.
Gebruik:
• Hy steek sy hand uit, maar sy groet hom met 'n soen.
Verwant:
• bladsteek
Vertaling:
Engels: to greet, salute
Nederlands: groeten
Selfstandige naamwoord: groet
Meervoud: –
Betekenis:
• Wyse en woorde waarmee mense hallo of totsiens sê; uiting waarmee persone mekaar se aanwesigheid erken as hulle ontmoet of uiteengaan.
Gebruik:
• Sy het hom 'n vriendelike groet gegee.
Afgelei:
• groete
• groetery
• groetslag
• soengroet
Vertaling:
Engels: greeting, salutation
Nederlands: groet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|