Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » godsdiens
godsdiens [boodskap #128134] Vr, 25 Oktober 2019 18:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20610
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
godsdiens
Afbreking: gods•diens
Samestelling: god + -s- + diens
Uitspraak: /ˈχɔts.dins/


Selfstandige naamwoord: godsdiens
Meervoud: godsdienste
Verkleinwoord: godsdiensie
Meervoud van verkleining: godsdiensies

Betekenis:
• Wyse waarop 'n god aanbid word; 'n geloof met al die saamhangende rituele en doktrines.

Gebruik:
• 'n Christen is iemand wat die Christelike godsdiens aanhang.

Spreekwoord:
• Soveel soos 'n bobbejaan van godsdiens weet. [Niks daarvan weet nie.]
• So min van iets weet as 'n aap van godsdiens. [Geen kennis hoegenaamd van iets hê nie.]

Sinoniem:
• religie

Afgelei:
• godsdiensbeoefening
• godsdienstig

Vertaling:
Engels: religion, faith, divine worship
Nederlands: godsdienst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: glas
Volgende onderwerp: goedkoop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 04 18:07:11 MGT 2024