Leksikograaf Boodskappe: 20610 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
glas
Afbreking: glas
Uitspraak: /χlas/
Selfstandige naamwoord: glas
Meervoud: glase
Verkleinwoord: glasie
Meervoud van verkleining: glasies
Betekenis:
• Deurskynende materiaal wat vir glase, vensters en brille gebruik word.
• Houer waaruit mens vloeistof drink (of die hoeveelheid wat daarin pas).
Gebruik:
• Die voorruit se glas het gekraak.
• Hy lig sy glas vir 'n heildronk.
Spreekwoord:
• Sy glas loop leeg. [Na aan die einde van sy lewe.]
• Dis 'n storm in 'n glas water. ['n Groot lawaai oor 'n nietigheid.]
• Is jy van glas gemaak? [Gevra vir iemand wat in jou lig staan.]
• Meer mense verdrink in 'n glas as in die see. [Drank eis meer slagoffers as die see.]