pannekoek [boodskap #128126] |
Vr, 25 Oktober 2019 14:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20610 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pannekoek
Afbreking: pan•ne•koek
Samestelling: pan + -e- + koek
Uitspraak: /ˈpɑnəˌkuk/
Selfstandige naamwoord: pannekoek
Meervoud: pannekoeke
Verkleinwoord: pannekoekie
Meervoud van verkleining: pannekoekies
Betekenis:
• 'n Plat, ronde baksel van meel, eier, melk en 'n klein bietjie sout wat in 'n pan met verhitte olie gebak word.
Gebruik:
• Pannekoeke word dikwels met kaneelsuiker bestrooi of met 'n vulsel (soos maalvleis) opgerol voordat dit geëet word.
Afgelei:
• pannekoekagtig
• pannekoekbakker
• pannekoekbakster
• pannekoekbeslag
• pannekoeksmous
Vertaling:
Engels: pancake
Nederlands: pannenkoek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|