jaloers [boodskap #128111] |
Wo, 23 Oktober 2019 19:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20610 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
jaloers
Afbreking: ja•loers
Byvoeglike naamwoord: jaloers
Vergrotende trap: jaloerser
Oortreffende trap: jaloersste
Attributief: jaloerse
Betekenis:
• Ongelukkigheid omdat 'n persoon dink dat ander beter af of gelukkiger is; negatiewe gevoel veroorsaak deurdat iemand iets het of kan kry wat jy ook wil hê.
Gebruik:
• Sy was jaloers omdat haar kollegas voor haar bevorder is.
Sinoniem:
• afgunstig
• langoog
• naywerig
Afgelei:
• jaloesie
• jaloersheid
Vertaling:
Engels: jealous, envious, green‐eyed
Nederlands: jaloers
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|