Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kwas
kwas [boodskap #128098] Wo, 23 Oktober 2019 06:58
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20610
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kwaste
Kwaste
kwas
Afbreking: kwas


Selfstandige naamwoord: kwas
Meervoud: kwaste, kwasse
Verkleinwoord: kwassie
Meervoud van verkleining: kwassies

Betekenis:
• 'n Steel met 'n bondel saamgepakte hare wat gebruik word om verf of lym aan te wend.
• (biologie) Digte bondel hare of haarklos wat die stert of die punt daarvan vorm.
• (figuurlik) Die agterstewe; boude.

Gebruik:
• Die skilder druk sy kwas in die verf wat hy dan kunstig op die doek aanbring.
• Die springhaas se stert het 'n breë swart kwas op die punt en is verder rooierig van kleur.
• Roer jou kwas.

Spreekwoord:
• Dis honderde rande aan jou kwas. [Jy sal honderde rande moet betaal.]

Hiponiem:
• skilderkwas
• verfkwas
• stertkwas
• teerkwas

Afgelei:
• kwaslyne

Vertaling:
Engels: brush
Nederlands: kwast

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skilder
Volgende onderwerp: aanminlik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 04 18:12:01 MGT 2024