Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » roer
roer [boodskap #128086] Di, 22 Oktober 2019 06:15
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20610
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Pot kos word geroer.
'n Pot kos word geroer.
roer
Afbreking: roer


Selfstandige naamwoord: roer
Meervoud: roere, roers
Verkleinwoord: roertjie
Meervoud van verkleining: roertjies

Betekenis:
• Stuurmeganisme van 'n skip of vliegtuig.
• 'n Geweer; vuurwapen met 'n lang loop.

Gebruik:
• Die skip word gestuur met 'n helmstok of 'n stuurwiel wat die skip se roer draai.
• Vrou, bring die roer, vandag leer ek die Engelse 'n les.

Spreekwoord:
• Dis in rep en roer. [In groot verwarring.]
• Hy is aan die roer van sake. [Aan die hoof.]
• Die roer in die hande hê. [Die saak bestuur.]
• Hy is so reg soos 'n roer. [Heeltemal gereed.]

Afgelei:
• hoogteroer
• rigtingroer
• rolroer

Vertaling:
Engels: rudder; gun, rifle
Nederlands: helm

Die roer van 'n boot.
Die roer van 'n boot.

Werkwoord: roer
Verlede tyd: het geroer

Gebruik:
• 'n Vloeistof met 'n spaan in beweging bring.
• 'n Emosie in iemand oproep.
• Beweeg.

Gebruik:
• Sy roer die pot om te keer dat die kos aanbrand.
• Die pragtige toespraak roer haar.
• Die haas roer nie en wag geduldig tot die jakkals weg is.

Spreekwoord:
• As jy aan die aas roer, stink dit. [Laat vuil sake rus.]
Roer jou riete. [Maak gou.]
• Waar die blare roer, waai daar 'n windjie. ['n Skynbaar nietige teken kan belangrike sake aandui.]

Sinoniem:
• beweeg

Afgelei:
• kruidjie-roer-my-nie
• deurroer
• omroer
• roerloos

Vertaling:
Engels: to stir, move, touch
Nederlands: roeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geweer
Volgende onderwerp: serebraal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 04 18:08:40 MGT 2024