Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tandmuis
tandmuis [boodskap #128082] Ma, 21 Oktober 2019 19:19
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20610
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Tande wat die tandmuis nog nie kom haal het nie.
Tande wat die tandmuis nog nie kom haal het nie.
tandmuis
Afbreking: tand•muis
Samestelling: tand + muis


Selfstandige naamwoord: tandmuis
Meervoud: tandmuise
Verkleinwoord: tandmuisie
Meervoud van verkleining: tandmuisies

Betekenis:
• 'n Mitiese muis wat kinders (wat tande wissel) se melktande kom haal en 'n geskenk of geld agterlaat.

Gebruik:
• Sit jou tand voor jy gaan slaap in 'n skoen onder jou bed, die tandmuis het dit nodig om sy huisie te bou.

Wisselvorm:
• tandemuis

Vertaling:
Engels: tooth fairy
Nederlands: tandenfee

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: knipmes
Volgende onderwerp: karate
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 04 18:02:56 MGT 2024