Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geduldig
geduldig [boodskap #128038] Vr, 18 Oktober 2019 05:50
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20611
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geduldig
Afbreking: ge•dul•dig


Byvoeglike naamwoord: geduldig
Vergrotende trap: geduldiger
Oortreffende trap: geduldigste
Attributief: geduldige
Intensief: doodgeduldig

Betekenis:
• Bereid om te wag en teenslae te verdra; iets sonder om te kla afwag.

Gebruik:
• Hy is 'n geduldige vader.
• Al die jare wat sy geduldig by die venster uitgestaar het, het haar kalm en mooi gemaak.

Spreekwoord:
• Papier is geduldig. ['n Mens kan enige onsin neerskryf.]

Vergelyking:
• So geduldig soos Job.

Antoniem:
• ongeduldig

Vertaling:
Engels: patient
Nederlands: geduldig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gedra
Volgende onderwerp: gedurig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 04 18:17:15 MGT 2024