sonbril [boodskap #128023] |
Di, 15 Oktober 2019 19:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20610 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sonbril
Afbreking: son•bril
Samestelling: son + bril
Selfstandige naamwoord: sonbril
Meervoud: sonbrille
Verkleinwoord: sonbrilletjie
Meervoud van verkleining: sonbrilletjies
Betekenis:
• 'n Bril met spesiale glase (dikwels Polaroid) om die oë teen skerp lig (soos sonlig) te beskerm.
Gebruik:
• Moenie vergeet om jou sonbril saam te neem nie.
Sinoniem:
• donkerbril
Verwant:
• leesbril
• duikbril
Vertaling:
Engels: sunglasses, shades
Nederlands: zonnebril
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|