Werkwoord: fluit
Verlede tyd: het gefluit
Teenwoordige deelwoord: fluitende
Betekenis:
• 'n Fluit bespeel.
• Die geluid van 'n fluit voortbring.
• As skeidsregter optree.
Gebruik:
• Sy fluit in die orkes.
• Hy fluit vir die meisies op straat. Die voëltjies fluit in die bome.
• Wie fluit Saterdag se wedstryd?
Spreekwoord:
• Ek het 'n voëltjie hoor fluit. [n Gerug gehoor.]
• Hy fluit by die kerkhof. [Jouself moed en vertroue probeer inboesem.]
• Hy fluit op sy duim. [Teleurgesteld word, niks kry nie.]
Vertaling:
Engels: to whistle
Nederlands: fluiten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.