fiks [boodskap #127987] |
Sa, 12 Oktober 2019 07:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20614 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
fiks
Afbreking: fiks
Byvoeglike naamwoord: fiks
Vergrotende trap: fikser
Oortreffende trap: fiksste
Attributief: fikse
Intensief: superfiks, topfiks
Betekenis:
• Sterk en gesond; in goeie liggaamlike kondisie; as mens lank kan oefen sonder om moeg te raak.
Gebruik:
• Mik vir ferm en fiks eerder as om jou oor die skaal te bekommer.
Spreekwoord:
• Die een dag fiks, die ander dag niks. [Die een dag het hy iets en dan verloor hy weer alles.]
Antoniem:
• onfiks
Afgelei:
• fiksheid
• topfiks
• wedstrydfiks
Vertaling:
Engels: fit, healthy, strong
Nederlands: fit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|