Betekenis:
• 'n Geometriese vorm met drie hoeke en drie sye.
Gebruik:
• In enige reghoekige driehoek is die kwadraat van die lengte van die skuinssy gelyk aan die som van die kwadrate van die lengtes van die reghoekige sye.
Hiperoniem:
• veelhoek
Afgelei:
• driehoekig
• driehoekvormig
Vertaling:
Engels: triangle
Nederlands: driehoek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.