bydra [boodskap #127819] |
Ma, 23 September 2019 15:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20614 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bydra
Afbreking: by•dra
Samestelling: by + dra
Werkwoord: dra by, bydra
Verlede tyd: het bygedra
Teenwoordige deelwoord: bydraende
Betekenis:
• Die aksie om te gee; skenk of hulp verleen.
• 'n Aandeel lewer.
Gebruik:
• Kan jy asb. bydra tot die fonds? Ons moes tot die instandhouding bydra.
• Die mensdom dra by tot die klimaatverandering. Het blankes tot Zimbabwe se huidige probleme bygedra?
Afgelei:
• bydrae
• bydraer
Vertaling:
Engels: to contribute
Nederlands: bijdragen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|