stoet [boodskap #127817] |
Ma, 23 September 2019 13:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20614 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stoet
Afbreking: stoet
Selfstandige naamwoord: stoet
Meervoud: stoete
Verkleinwoord: stoetjie
Meervoud van verkleining: stoetjies
Betekenis:
• Skare of lang ry mense wat êrens heen beweeg.
• 'n Groep rasegte diere wat vir teeldoeleindes gebruik word.
Gebruik:
• Die stoet beweeg agter die lykswa na die begraafplaas.
• Die boer moet sy stoet die jaar aanvul.
Sinoniem:
• optog
• gevolg
• skare
• menigte
• ry
Afgelei:
• stoetbul
• stoetdier
• stoethings
• stoetooi
• stoetperd
• stoetram
• stoetskaap
• stoetvee
• stoetery
Vertaling:
Engels: procession, retinue, train; stud
Nederlands: stoet, optocht; fokdier
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|