buitekant [boodskap #127811] |
So, 22 September 2019 17:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20614 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
buitekant
Afbreking: bui•te•kant
Samestelling: buite + kant
Selfstandige naamwoord: buitekant
Meervoud: buitekante
Betekenis:
• Teenoor die sy (of sye) wat aan 'n afgeskermde ruimte grens; in die buitenste deel.
Gebruik:
• Die buitekant van die huis moet geverf word.
Antoniem:
• binnekant
Vertaling:
Engels: outside, exterior
Nederlands: buitenkant
Bywoord: buitekant
Betekenis:
• In die buitenste deel; buite en nie binne nie.
Gebruik:
• Binnekant bou ons legkaarte en buitekant speel ons bal.
Vertaling:
Engels: outside
Nederlands: buitenkant
Voorsetsel: buitekant
Betekenis:
• Die deel wat buite geleë is; uitwendig.
Gebruik:
• Jy moet buitekant die huis rook.
Vertaling:
Engels: outside
Nederlands: buitenkant
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|