Leksikograaf Boodskappe: 20614 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
koring
Afbreking: ko•ring
Selfstandige naamwoord: koring
Meervoud: –
Betekenis:
• Graan waarvan brood gebak word.
Gebruik:
• Die boer plant koring.
Spreekwoord:
• Dis koring op sy meul. [Dis net wat hy wil hê.]
• Nog groen koring op die land hê. [Nog jong kinders hê.]
• Die kaf van die koring skei. [Die goeie van die slegte skei.]
• Daar is nie koring sonder kaf nie. [Daar is niks goeds wat nie ook sy nadele het nie.]