Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » borsel
borsel [boodskap #127787] Vr, 20 September 2019 18:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20614
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Vrou met 'n borsel wat haar hare borsel.
'n Vrou met 'n borsel wat haar hare borsel.
borsel
Afbreking: bor•sel


Selfstandige naamwoord: borsel
Meervoud: borsels
Verkleinwoord: borseltjie
Meervoud van verkleining: borseltjies

Betekenis:
• Werktuig met stekelhare en 'n handvatsel waarmee iets netjies of skoongemaak word.
• Onderdeel van 'n dinamo (meestal van grafiet) vir die opneem van die elektriese stroom van die kommutator.

Gebruik:
• Sy kam haar hare met 'n borsel.
• Die geleier word gekoppel aan 'n kragbron deur middel van 'n kommutator en borsels.

Afgelei:
• haarborsel
• klereborsel
• naelborsel
• skropborsel
• staalborsel
• tandeborsel
• toiletborsel

Vertaling:
Engels: brush, bristle
Nederlands: borstel


Werkwoord: borsel
Verlede tyd: het geborsel

Betekenis:
• 'n Borsel gebruik om iets netjies of skoon te maak.

Gebruik:
• Hy borsel sy tande.

Vertaling:
Engels: to brush
Nederlands: borstelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bord
Volgende onderwerp: bottel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Nov 05 03:44:18 MGT 2024