Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » blom
blom [boodskap #127765] Di, 17 September 2019 16:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Blom.
'n Blom.
blom
Afbreking: blom
Uitspraak: /bɫɔm/


Selfstandige naamwoord: blom
Meervoud: blomme
Verkleinwoord: blommetjie
Meervoud van verkleining: blommetjies

Betekenis:
• Die gekleurde deel van 'n plant wat bye en insekte lok; gewysigde blaar wat vir voortplanting aangepas is.
• 'n Bedeksadige plant wat blomhoofde vorm waaruit saadjies later ontwikkel.

Gebruik:
• Op Valentynsdag koop hy vir my meisie 'n blom.
• Sy plant 'n blom in haar tuin.

Spreekwoord:
• Dis nie altyd die mooiste blom waar die by om draai nie. [Deug is meer werd as 'n mooi gesiggie.]

Afgelei:
• blombedding
• blomblaar
• blomknop
• blomkweker
• blompot
• blomsteel
• blomtuin
• blomtyd
• blomwinkel

Vertaling:
Engels: flower, blossom
Nederlands: bloem


Werkwoord: blom
Verlede tyd: het geblom
Teenwoordige deelwoord: blommende
Verlede deelwoord: geblomde

Betekenis:
• Blomme of bloeisels dra.
• (figuurlik) Om geluk uit te straal.

Gebruik:
• Die perskebome blom in die lengte.
• Die kind blom vandat die onderwyser meer aandag aan haar gee.

Vertaling:
Engels: to flower, bloom, blossom
Nederlands: bloemen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hap
Volgende onderwerp: blompot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 12:50:47 MGT 2024