berug [boodskap #127711] |
Vr, 13 September 2019 06:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20614 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
berug
Afbreking: be•rug
Byvoeglike naamwoord: berug
Vergrotende trap: berugter
Oortreffende trap: berugste
Attributief: berugte
Betekenis:
• Om slegte redes bekend wees; geken deur slegte faam; ongunstig gekend.
Gebruik:
• My buurman is berug in die hele dorp.
Antoniem:
• befaamd
• beroemd
Vertaling:
Engels: notorious, ill-famed
Nederlands: berucht
Nota:
• Moenie "berug" met "berig" ('n mededeling) verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|