Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » beleef
beleef [boodskap #127684] So, 08 September 2019 20:20
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20614
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
beleef
Afbreking: be•leef


Werkwoord: beleef
Verlede tyd: het beleef

Betekenis:
• Om iets te ondervind; mee te maak.

Gebruik:
• Hy het die avontuur saam met sy beste vriend beleef.

Sinoniem:
• deurmaak
• ervaar
• meemaak
• ondervind

Vertaling:
Engels: to experience, live through, live to see
Nederlands: beleven


Byvoeglike naamwoord: beleef, beleefd
Vergrotende trap: beleefder
Oortreffende trap: beleefdste
Attributief: beleefde
Partitief: beleefds

Betekenis:
• Wat van goeie maniere getuig.

Gebruik:
• As jy beleef is kan jy ver in die lewe kom.
• Hy het die vraag op 'n beleefde en respekvolle manier beantwoord.

Sinoniem:
• gemanierd
• fatsoenlik
• hoflik
• ordentlik

Antoniem:
• onbeleef

Afgelei:
• beleefdheid
• hiperbeleef
• oorbeleef

Vertaling:
Engels: polite, courteous, well-mannered
Nederlands: beleefd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: doebleer
Volgende onderwerp: beleefd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Nov 05 06:43:51 MGT 2024